MunicipalNews

Straatligte in Secunda werk al vir maande nie

Donker gebiede bied maklike wegkomkans vir diewe

SECUNDA – Plaaslike inwoners het vandeesweek gekla oor straatligte in Trichardtstraat wat volgens hulle ’n gevaar inhou omdat diewe makliker kan wegkruip.

Straatligte in dié straat is al vir maande buite werking en hoewel inwoners dit al onder die aandag van die Govan Mbeki Munisipaliteit gebring het, werk die ligte steeds nie.

“As ’n mens in die nag hier ry, kan jy niks sien nie,” het ’n inwoner gesê.

Hulle glo as daar meer beligting is, sal die gebied veiliger wees.

Die Ridge Times het mnr. Benzi Soko, hoof van personeel by die munisipaliteit, om kommentaar gevra, asook twee van sy kollegas, mnr. Donald Green en mnr. Lucky Mhlongo, maar hulle het teen druktyd nog nie gereageer nie.

Lees ook: 

https://www.citizen.co.za/ridge-times/136600/govan-mbeki-municipality-dire-financial-state/

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button