MunicipalNews

Water-en rioolprobleme op dorp bereik krisisafmetings

’n Inwoner het ook die koerant verlede week besoek met sy treurmare dat hy geen verwysingsnommer kon bekom vir waterlek in Britsstraat, Meyerville nie.

Die Standerton Advertiser het onlangs ’n lys van van mnr. Bronwen Pretorius, distrikskoördineerder van Mpumalanga-Wes vir AfriForum, ontvang in verband met water- en rioolprobleme in die omgewing.

Die probleme wat AfriForum geïdentifiseer het, is voorsien van die datum en tyd wanneer dit by die Lekwa Munisipaliteit aangemeld is, ’n verwysingsnommer en wie die klag aanhandig gemaak het.

AfriForum het ’n WhatsApp-groep gestig waarheen inwoners inligting aanstuur.

Laerskool Standerton se waterlekkasie is ook om van te huil.

’n Inwoner het ook die koerant verlede week besoek met sy treurmare dat hy geen verwysingsnommer kon bekom vir ’n waterlek in Britsstraat, Meyerville nie.

’n E-pos is aan me. Thobeka Mtshiselwa, kommunikasiebestuurder van die munisipaliteit, op Woensdag 15 Mei oor die kwessie gestuur.

Die koerant het met die munisipaliteit ooreengekom dat ’n 48-uur-periode vir terugvoer gegee sal word en teen druktyd is geen kommentaar ontvang nie.

Voorts word Kosmospark-inwoners en sekere Sakhile-inwoners teen die mure uitgedryf met sporadiese watervoorsiening.

Gewapen met al die inligting tot ons beskikking, sal ’n afspraak met me. Mtshiselwa gemaak word om die rompslomp te verminder.

Lesers sal op hoogte van die vordering gehou word.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button