Local newsNews

Lede van Hoëveld Fotografieklub ding mee om beste foto’s te neem

Belangstellendes is welkom om volgende byeenkoms in Julie by te woon

SECUNDA – Lede van die Hoëveld Fotografieklub het op Vrydag, 7 Junie hul maandelikse byeenkoms gehou.

Mnr. Johan Coetzee het die beste foto in die voorgeskrewe onderwerpafdeling ingeskryf en met sy foto, Beautiful Smile gewen.

Me. Sussa Pelser het die beste foto onder die senior fotograwe geneem en dié afdeling gewen met haar foto, Speel met Gevoel en me. Barbara Mittion het die beste foto onder die junior fotograwe geneem en dié afdeling gewen met haar foto, Migration is Thirsty Work.

Die ander fotograwe wat presteer het en 12 of meer punte vir hul foto’s behaal het is: mnr. Danie Smit vir sy twee foto’s, Koo Vallei en Slakkepas, mnr. Johan Viljoen met sy foto, Fly Away, dr. Leon Pelser met sy foto, Birds Eye on Ash Dam, mnr. Pierre Jordaan met sy foto, Kwaai Mayhem en me. Pelser met haar foto, Night Time in Jozi.

Die Hoëveld Fotografieklub se volgende byeenkoms is in Julie.

Vir meer inligting, skakel mnr. Jordaan by 082 465 0248.

Mnr. Johan Coetzee se foto, Beautiful Smile, was die beste in die voorgeskrewe onderwerpafdeling by die Hoëveld Fotografieklub se maandelikse byeenkoms.
Mnr. Danie Smit se foto, Koo Vallei, was een van die bestes by die Hoëveld Fotografieklub se maandelikse byeenkoms.
Mnr. Pierre Jordaan se foto, Kwaai Mayhem, was een van die bestes by die Hoëveld Fotografieklub se maandelikse byeenkoms.
Mnr. Johan Viljoen se foto, Fly Away, was een van die bestes by die Hoëveld Fotografieklub se byeenkoms.
Mnr. Danie Smit se foto, Slakkepas, was een van van die bestes by die Hoëveldse Fotografieklub se maandelikse byeenkoms.
Me. Sussa Pelser se foto Night Tim in Jozi.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button