MunicipalNews

Winkelhaak skenk masjinerie aan Lekwa Clean Up Crew

Die LCUC het vanaf middel-Junie 2016 tot op hede al 8 8373 swartsakke vullis in en om Standerton opgetel en verwyder.

Winkelhaak Verspreiders op Standerton het op Woensdag 12 Junie ’n stamper en snyer aan die Lekwa Clean Up Crew (LCUC) oorhandig.

Volgens mnr. Daniël Kriek, groepbestuurder, het Compass Eiendomme hulle genader om betrokke te raak by die opvul van slaggate op die dorp.

“Ek het ’n voorlegging aan die besturende direkteur, mnr. Pieter Diedericks, gemaak om die implemente te koop,” het mnr. Kriek gesê.

Die koste verbonde aan die huur van masjinerie en aankoop van teer het die deurslag gegee.

Volgens me. Suzelle Kemp, het die LCUC vanaf middel-Junie 2016 tot op hede al 8 8373 swartsakke vullis in en om Standerton opgetel en verwyder.

’n Groot aantal slaggate is ook herstel en hulle was verlede jaar in Caledon- en Bergstraat bedrywig, asook Paarlstraat wat aan die beurt gekom het.

Die behoefte aan donasies was soms die bepalende faktor vir toespitsing op ’n sekere gebied.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button