Deskundige maak VLU-vroue touwys oor groente en sade
“Ons is geïnspireer deur die praatjie,” het me. Du Preez gesê.
Die Vroue Landbou-unie (VLU) se Kaalspruit-tak het op Dinsdag 11 Junie in die saal van die Hervormde Kerk hul maandvergadering gehou.
Die groentedeskundige, mnr. Theo Heymans wat ‘n oud-inwoner van Standerton is, het die vroue touwys gemaak oor die fynere kunsies verbonde aan groenteverbouing en sadebewaring.
Mnr. Heymans het foto’s van enkele van die groente wat hy vir saad kweek op ‘n skerm vertoon, wat se verbouing entoesiasties toegelig is.
Die vroue het ook die geleentheid gekry om vrae aan hom te stel oor hul eie tuine voordat me. Roz du Preez hom, namens die tak, bedank het.
“Ons is geïnspireer deur die praatjie,” het me. Du Preez gesê.
Lees meer oor mnr. Heymans se sadebewaring en groenteverbouing in die Val Boeredagbylaag wat eersdaags in die Standerton Advertiser sal verskyn.




