Local newsNews

DA-raadslid, Marietjie Fourie wil nou meer tyd aan gesin en gastehuis bestee

Aandelemark wink vir rekenmeester

BETHAL – Me. Marietjie Fourie het na drie jaar in die politiek besluit om die tuig neer te lê.

Sy wil nou op haar gastehuis, Under the Elm Trees, fokus en dinge waarvoor sy min tyd kry om te doen, soos Bybelstudie, meer doen.

Sy probeer ook tans haar hand aan die aandelemark en het reeds ‘n kursus in dié rigting voltooi.

As rekenmeester het sy nog altyd in die aandelemark belanggestel.

Me. Fourie se seun, Dunhin Fourie, het in 2017, toe hy 16 was, sy eie lewe geneem en me. Fourie het gesê dit is moeilik om in die publieke oog te rou.

“‘n Mens het ‘n pad om te loop wanneer jy ‘n geliefde aan die dood afstaan,” het sy gesê.

“Om ‘n politikus te wees as so iets gebeur, maak die proses baie moeilik.”

Me. Fourie wil ook nou meer tyd met haar gesin bestee en dié ouma sien daarna uit om meer by haar twee kleinkinders, ‘n tweeling te wees.

Sy geniet dit om tuin te maak, veral ‘n groentetuin en sy doen graag naaldwerk en hekel.

Sy het die gemeenskap bedank wat haar deur goeie en moeilike tye ondersteun het en sy is dankbaar vir die vertroue wat hulle gedurende haar tyd as DA-raadslid op Bethal, geplaas het.

Sy het gesê sy sal steeds ‘n getroue DA-ondersteuner bly en glo steeds dat die DA die enigste alternatiewe regering kan wees om Suid-Afrika beter te regeer.

Me. Marietjie Fourie, DA-raadslid, roep na drie jaar die politiek vaarwel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button