Local newsNews

Vrou benodig hulp na ernstige ongeluk buite Bethal

Ondersteun Chrissi deur geld in te betaal in rekening

BETHAL – Me. Chrissi Fourie is tans in ’n hospitaal op Alberton sedert sy in ’n groot motorongeluk was op Saterdag, 7 April.

Me. Fourie het ernstige kopbeserings asook ander beserings opgedoen en volgens haar man, mnr. Derick Fourie, is haar oë oop, maar sy lê net daar.

“Sy kan nie met ons kommunikeer of beweeg nie,” het hy gesê.

Me. Fourie was vanaf Ermelo oppad huistoe na Bethal nadat sy die egpaar se seun by die koshuis afgelaai het toe die ongeluk op die N17-pad gebeur het.

Dit was ’n trompopbotsing en die persoon van die ander voertuig is dood.

Buiten die kopbeserings, is haar regterhand gebreek, haar linkervoet, enkel en been is op vier plekke gebreek en haar maag is geskeur.

Haar familie en vriende meen dit is ’n wonderwerk dat sy leef.

Die gesin het ’n mediese fonds, maar mnr. Fourie het gesê sy sal binnekort met rehabilitasie moet begin en sal dan geskuif word na ’n rehabilitasie-sentrum.

Hy is bevrees dat die mediese fonds sal teen daardie tyd uitgeput sal wees.

Die mediesefonds dek ook nie die kostes as me. Fourie vanuit die rehabilitasie-sentrum ontslaan word nie.

“Sy moet weer van voor af leer loop, praat en eet,” het mnr. Fourie gesê.

Me. Fourie het voor die ongeluk van haar huis af as naeltegnikus gewerk.

Haar vriende en familie het ’n hulpfonds gestig om haar finansieël by te staan.

Haar vriendin het haar as ’n persoon wat altyd vol lewe is beskryf en gesê sy wil haar graag weer so sien.

Me. Fourie is tans aan ’n asemhalingsmasjien gekoppel.

Al die geld wat in die fonds ingebetaal word, word deur prokureurs behartig en aangewend vir haar herstelproses.

Belangstellendes wat wil help, kan geld inbetaal by Standard Bank, rekeningnaam: Le Roux Jansen Prokureurs, rekeningnommer: 610 190 601, taknommer: 051 001, verwysingsnommer: DEJ 1.

Vir meer inligting, stuur ’n e-pos na Leroux@law.co.za.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button