Vroue geniet vergadering oor blommerangskikkings op Secunda
Teksa Blommeklub vergader weer op 20 Junie en belangstellendes is welkom

SECUNDA – Lede van die Mpumalanga Flora Unie het op Woensdag, 29 Mei ‘n werkklas op Secunda bygewoon en me. Sophie Hugo het hulle gewys hoe om aspidistrablare in ‘n rangskikking te gebruik.
Me. Alma Badenhorst, president van die Mpumalanga Flora Unie, en me. Jane Aingworth van Middelburg, het ook die werkklas bygewoon en me. Aingworth het wenke aan lede gegee hoe om blomme te rangskik.
Me. Hugo het ook gewys hoe om ‘n rangskikking op ‘n kussing van plantmateriaal te doen.
Teksa Blommeklub, die klub op Secunda, vergader weer op Donderdag, 20 Junie om 9.30vm in Die Rots by die N.G. Kerk Goedhoop/Secunda-Oosgemeente.
Vir meer inligting, skakel me. Magda Schwab by 083 611 0684.
https://www.citizen.co.za/ridge-times/140410/galery-vroue-geniet-byeenkoms-en-leer-van-blommerangskikkings/



