ATKV deel 48 kospakke uit aan behoeftige kinders
Koop pienk strikkie borsspelc vir kankerbewusmaking
SECUNDA -Die ATKV Kosmosrand-tak kon met hulle Winterwarm-projek, 48 kospakke aan behoeftige leerders van Laerskool Trichardt oorhandig.
Dié projek het onlangs afgeskop en lede van die ATKV het verlede week die kospakke aan die skool oorhandig.
“Ons is dankbaar vir elkeen wat gehelp het en dat ons 48 gesinne kon help om kos te hê as die skole sluit,” het me. Tracey van Wyk, voorsitter van die tak, gesê.
Die ATKV se kankerbewusmakingsprojek skop in Julie af en hulle verkoop borsspelde vir borskankermaand wat in Oktober begin.
Die borsspelde is R20 elk of R100 vir ’n pak van vyf.
Die opbrengs van die borsspelde sal vir kankerpasiënte aangewend word.
Me. Van Wyk het ondernemings uitgedaag om deel te neem aan dié projek deur pakke borsspelde te koop wat hulle aan hul personeel kan uitdeel.
Die borsspelde sal by Marietjie Skool se Lentemark te koop wees en organiseerders van vroue-oggende of ander geleenthede kan me. Van Wyk skakel om die borsspelde ook daar te verkoop.
Vir meer inligting, skakel haar by 074 103 6381.
Dit ATKV Kosmosrand se bankbesonderhede is: Absa Bank, Spaarekening, rekeningnommer: 009 166 56335, takkode: 334644.




