Local newsNews
KSA Suid-Hoëveld kamp by Badplaas
Die groep se volgende kampnaweeek sal van 19 tot 21 Julie by Marolani, naby Loskopdam plaasvind.
KSA Suid-Hoëveld streek het by Badplaas vanaf 21 tot 23 Junie gekamp.
Volgens mnr. Barry Smit, het die lede meeste van die naweek in die son gesit en gekuier.
Me. Priscilla de la Rosa het Vrydagaand se vleis en knoffelbrood voorsien en het ook vir ontbyt die volgende oggend gesorg.
Van die lede het Saterdag gaan stap, terwyl ander die geleentheid gebruik het om in die warmwaterswembad te ontspan.
Saterdagaand het die groep gebraai met aartappels en pap as bygeregte.
Die groep se volgende kampnaweeek sal van 19 tot 21 Julie by Marolani, naby Loskopdam plaasvind.
Enige persoon wat by die klub wil aansluit kan me. Susan Erasmus skakel by 073 444 0855.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



