Local newsNews

Taktiese reaksie-eenheid nou gereed

Hul taktiese reaksie eenheid konsentreer daarop om hulp tydens hoë risiko misdaad soos gewapende roof, hi-jackings, OTM ontploffings en ernstige ongelukke te verleen.

TRICHARDT – Roman Alarms Tactical Response Unit sal van nou af ‘n Langamed South Ambulance Services-paramedikus aan boord hê.

“Ons het ‘n behoefte vir ‘n taktiese reaksie-eenheid in die gebied geïdentifiseer en daarom besluit om ‘n voertuig spesifiek daarvoor aan te skaf,” het me. Zelda Lee, eienaar van Roman Alarms, gesê.

‘n Motor vir dié taktiese doeleindes is amptelik op 29 Mei bekendgestel.

Dié paramedikus sal hoofsaaklik saamry wanneer ‘n ongeluk aangemeld word.

Hul taktiese reaksie-eenheid konsentreer daarop om hulp tydens hoë risiko misdaad soos gewapende roof, kapings, OTM-ontploffings en ernstige ongelukke te verleen.

Hulle lewer al sedert 1991 aan die Teksa-gebied diens.

Roman Alarms werk hoofsaaklik saam met Delta 1 Rescue Diving, JTR Towing Service, Langamed South Ambulance Services, GMM se brandweer, die polisie en ook kapelaan Brad Blake.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button