Local newsNews

VLU-vroue luister na agtergrond van heuninggebruik

Ook is byegom, waarmee bye hul neste seël, kiemdodend en word vir mediese doeleindes gebruik.

Die Vaalrivier-tak van die Vroue Landbou-unie (VLU) het op 11 Junie tydens ‘n maandvergadering met die agtergrond van heuninggebruik kennisgemaak.

Mnr. Markus en me. Carla Brundyn van Ermelo het 22 jaar gelede in die heuningbedryf begin belangstel in ‘n omgewing wat hom juis daartoe leen.

Carla het die gesondheidsaspek van Quercus-heuning benadruk en dat dit suiwer is, soos die etiket se ‘pure’ aandui.

Nasionale grade word gebruik om die maak van heuning te bepaal en die VLU-vroue kon luister na feite soos rou of kommersiële heuning, wat verhit word om dit aantreklik te laat lyk.

Hoe meer stuifmeel teenwoordig is, hoe meer bevorderlik vir die immuniteitstelsel en leefwyse.

Heuning bevat voorts vitamiene A en C.

Ook is byegom, waarmee bye hul neste seël, kiemdodend en word vir mediese doeleindes gebruik.

Bye is die beste bestuiwers en vrugteboere gebruik hulle om produkte van uitvoergehalte te verseker.

Die vroue het die geleentheid gehad om te proe aan die produkte wat heuning met gemmer, heuning met kaneel en heuning met koffie ingesluit het.

Hulle het daad by die woord gevoeg en hul gunsteling aangeskaf.

Die volgende maandvergadering vind op 13 Augustus plaas.

Me. Gerda Büter (voorsitter: Vaalrivier-tak), mnr. Markus Brundyn en me. Carla Brundyn by die vergadering op 11 Junie. (Foto: Verskaf)

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button