Kosmos Aftree-oord gradeer hul kombuisgeriewe op
"Die bedieningstelsel na die sorgsentrum geskied nou in warm trollies na pasiënte," het mnr. La Grange gesê.
Die Kosmos Aftree-oord op Standerton het opgradering van hul kombuisgeriewe laat doen.
Volgens mnr. Jack la Grange, bestuurder, spog die kombuis nou met ‘n gasgedrewe konveksie-oond, ‘n ’tilt’-gaspan, gaskookplaat en nuwe broodroosters.
“Die bedieningstelsel na die sorgsentrum geskied nou in warm trollies na pasiënte,” het mnr. La Grange gesê.
Spyseniering is uitgekontrakteer en ‘n vyf-week-spyskaart voldoen nou aan die tehuis se behoeftes.
Die eetsaal is ‘n welkome punt om aan te doen met nuwe eetservies, nuwe tafeldoeke en eenvormige soutpotjies.
Die ouetehuis het op 3 Julie by die Val Boeredag gereedgestaan met ‘n geldinsamelingsinisiatief wat deur die sorgsentrumkomitee gereël is.
Pannekoek, kerrie en rys, geroosterde broodjies en koffie is te koop aangebied.
Die geld gaan gebruik word om ‘n vertrek in te rig waar sorgpasiënte saam met hulle families kan kuier.




