Local newsNews

Nie net Bethal paaie kry die keer aandag nie

AfriForum se Bethal-tak het vanjaar nie net op die dorp se paaie gefokus nie. Dertig asblikke is op verskeie plekke in die dorp geplaas.

BETHAL – Me. Ingrid Human, voorsitter van AfriForum se Bethal-tak, en haar span, het weer ‘n verskil in dié dorp gemaak.

Dit is nie net slaggate wat die keer herstel is nie.

Straatnaamaanwysings is oorgeverf sodat dit weer netjies, duidelik en leesbaar is.

Vanjaar se projekte sluit 30 asblikke in wat in die middedorp geplaas is.

Dié asblikke word ook deur AfriForum gediens.

“Wanneer jy iets kan verander, verander dit. Dit is vir my lekker om ‘n verskil te kan maak en dit is ‘n bietjie werkskepping. Ons beplan om in die Bokkestrate ook paaie te herstel,” het me. Human gesê.

Sodra genoeg skenkings ontvang is, word van die paaie herstel.

Ongelukkig is van dié dorp se paaie onherstelbaar.

“Baie van die paaie sal heeltemal oopgegrou en oorgeteer moet word. Ons probeer om te fokus op die paaie wat nog ‘gered’ kan word.”

Hennie Bekker, distrikskoördineerder vir AfriForum Laevelddistrik, het gesê dat hulle opgewonde is oor die verskil wat hulle in die dorp kan maak.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button