Local newsNews

Mariana besoek Inniebos om haar slag te wys

Uiteraard het die driemanskap eers nie geweet wat hulle moes maak nie en moes tot die 26ste hul nuuskierigheid beteuel.

Me. Mariana Kotze, Standerton se onthoukok op die Kokkedoor-televisieprogram, het op 27 en 28 Junie kans gesien om by die Inniebos-fees in Mbombela (Nelspruit) te gaan wys dat sy nie vir koue pampoen skrik nie.

Hokaai, net die geregte wat voorgesit is, was koud.

Dit het alles begin by kinkelkok mnr. Pieter Malan, wat op ‘n WhatsApp-groep gevra het wie sou belangstel vir die avontuur na die Laeveld.

Mariana het ingestem, asook mnr. William White, kinkelkok, wat die tog van Hartswater gemaak het om vir feesgangers iets voor te berei, en is dit nodig om te sê?

Daar is geen tyd om te mors nie, die sekondes en minute het afgetel.

Uiteraard het die driemanskap eers nie geweet wat hulle moes maak nie en moes tot die 26ste hul nuuskierigheid beteuel.

Dag 1 het ‘n uitpakslaai op hulle gewag en groen appels, advokadopere en nartjies met ‘n spesiale slaaisous, is bedien dat mense kon proe.

Mariana het die geheim van die sous goedsmoeds verklap met bestanddele soos gewone joghurt, mayonnaise, kondensmelk en nartjieskil wat geklop is.

Slaaisous word oor die slaai geskep by die Inniebos-fees. (Foto Verskaf)

Hulle het tot hul beskikking mengbakke, broodplanke, ‘n menger en ballonklitser gehad.

Die 20 minute wat gegee is, is deel van die werksetiek van die realiteitsprogram van KykNET wat op 18 Julie begin.

“Hulle het mos gesê ons moet aan vinnige werkery gewoond raak.”

Dit was seker ‘n sukses as dit die 10-uit-10 antwoord gekry het.

Dag 2 het vroegoggend by ‘n radiostasie begin waar met William oor sy tuisdorp geskerts en kwinkslae uitgedeel is, wat ook die eerste keer was dat Mariana die binnekant van ‘n ateljee gesien het.

“Dit was ‘n groot ondervinding en ek kan kan nou op ‘n verhoog voor ‘n duisend mense stap en sal met hulle kan gesels.”

Gedekonstrueerde kaaskoek was op die spyskaart en die kokke het krummels van karringmelkbeskuit gebruik waarop roomkaas, room, suurlemoensap en kondensmelk, wat styfgeklop is, uitgepak is.

Die kersie op die koek was egter mintblare met blou spookasem bo-op.

Mariana is slaggereed om enige verdere uitdaging aan te pak en het nie omgegee om by Inniebos die hele dag met haar voorskoot rond te loop nie.

“As Koekedoor bekendgestel word, gaan ek dit doen,” het sy afgesluit.

Net vir dié keer het me. Mariana Kotze nie haar voorskoot aangehad nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button