Local newsNews

Fotograwe skryf beste foto’s in by maandelikse byeenkoms op Secunda

Die klub se volgende byeenkoms is op Vrydag, 16 Augustus om 6nm vir 6.30nm by die Scrum Inn by die Sasol Ontspanningsklub.

SECUNDA – Mnr. James Harris het die beste foto geneem by die Hoëveld Fotografieklub se maandelikse byeenkoms wat op Vrydag, 5 Julie by die Sasol Ontspanningsklub gehou is.

Sy foto, Meditation, in die voorgeskrewe onderwerpafdeling is as die wenner aangewys.

Die ander wenners is dr. Leon Pelser met sy foto, WOW, onder die senior fotograwe en mnr. Encee van Huyssteen met sy foto, Take Off, onder die junior fotograwe.

Mnr. Van Huyssteen het ook ‘n sertifikaat van meriete vir sy foto, Louvre at Night, gekry.

Die ander fotograwe wat presteer het en sertifikate van meriete vir hul foto’s ontvang het, is me. Barbara Mitton met haar foto, Fight or Flee, mnr. Danie Smit met sy foto Witkoluil, mnr. Hanno de Beer met sy foto, Baba Skillie, mnr. Johan Viljoen met sy twee foto’s, Bright Eye en Pinky, mnr. Johan Coetzee met sy foto, My Groen Halsnoer, me. Lorraine Botha met haar foto, Black Pearl, mnr. Piet Potgieter met sy foto Man Made vs God Made, en me. Sussa Pelser met haar foto, Weightlifting.

Die klub se volgende byeenkoms is op Vrydag, 16 Augustus om 6nm vir 6.30nm by die Scrum Inn by die Sasol Ontspanningsklub.

Skakel mnr. Pierre Jordaan by 082 465 0248.

Me. Barbara Mitton het ’n sertifikaat van meriete verwerf vir haar foto, Fight or Flee.
Me. Lorraine Botha het ’n sertifikaat van meriete verwerf vir haar foto, Black Pearl.
Mnr. Danie Smit het ’n sertifikaat van meritee verwerf vir sy foto Witkoluil.
Mnr. James Harris se foto Meditation, was die beste in die voorgeskrewe onderwerpafdeling.
Mnr. Hanno de Beer het ’n sertiikaat van meriete verwerf vir sy foto, Baba Skillie.
Mnr. Johan Viljoen het ’n sertifikaat van meriete verwerf vir sy foto, Bright Eye.
Mnr. Johan Viljoen het ’n sertifikaat van meriete verwerf vir sy foto, Pinky.
Mnr. Piet Potgieter het ‘n sertifikaat van meriete verwerf vir sy foto, Man Made vs God Made.
Mnr. Johan Coetzee het ’n sertifikaat van merite verwerf vir sy foto, My Groen Halsnoer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button