CrimeLocal newsNews

Bakkie val vas na moontlike mielie diefstal

Die bestuurder van die bakkie was nêrens in sig nie, bestuurderskant se deur oop en die sleutels verwyder.

STANDERTON – Landbouers in die omgewing het Kasselman Veiligheidsdienste in kennis gestel dat ’n blou Chevrolet-bakkie op ’n plaas vasgeval het.

Nadat hulle ondersoek ingestel het, het hulle gesien dat grensdrade geknip is.

Sakke mielie is agterop die bakkie gevind en ’n ‘boltcutter’ binne die bakkie. (Foto: Kasselman Veiligheidsdienste)

Agterop die bakkie was sakke vol mielies en binne ’n ‘boltcutter’.

Die bestuurder van die bakkie was nêrens in sig nie, bestuurderskant se deur oop en die sleutels verwyder.

Die bakkie het op die plaas vasgeval waarna die bestuurder verdwyn het. 9Foto: Kasselan Veiligheidsdienste)

Aangrensende plase se hekslotte was ook geknip.

Die saak word tans ondersoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button