MunicipalNews

Bethallers nou net mooi uitgedroog oor water probleme

Dit blyk asof dié dorp se waterprobleme net nie opgeklaar kan word nie. Selfs landbouers in die omgewing word daarvan beskuldig dat hulle onwettige konneksies aan een van die hooftoevoerpype van Randwater gemaak het.

BETHAL – Dit blyk asof dié dorp se waterprobleme net nie opgeklaar kan word nie.

Selfs landbouers in die omgewing word daarvan beskuldig dat hulle onwettige konneksies aan een van die hooftoevoerpype van Randwater gemaak het.

“Dit is so goed ek probeer die Vaaldam vol piepie,” het ‘n verbaasde en omgekrapte landbouer aan Ridge Times gesê.

Die pyp binne Randwater se struktuur is ‘n 20mm pyp.

Mnr. Justice Mohale, Randwater se mediawoordvoerder, het tydens ‘n telefoniese gesprek genoem dat hulle ‘n baie goeie verhouding met landbouers het waardeur Randwater se pyplyn loop.

Hy het ook gesê dat daar verskeie van dié soorgelyke strukture op plase voorkom.

Lees ook:

https://www.citizen.co.za/ridge-times/141703/kwesbare-waterkwessie-op-bethal-dit-die-boere-se-skuld/

Mnr. Mohale het erken dat hulle die waterdruk van verskeie munisipaliteite verlaag wanneer hul rekeninge nie betaal kan word nie, maar hy het nié bevestig of Bethal se waterdruk verlaag is nie.

Blykbaar het munisipale werkers hul na een van die plase gehaas waar Randwater se struktuur se deksel met ‘n klip stukkend geslaan is.

Govan Mbeki Munisipaliteit het gesê dat hulle van die voorval bewus is en dit ondersoek. Hulle het ook genoem dat ‘n saak vermoedelik by Trichardt Polisie aanhangig gemaak is, maar niemand kan dit bevestig nie.

Op een van die landbouers, wat beskuldig word, se plase is daar ‘n boorgat, ‘n dam wat deur Landbou Tegniese Dienste ontwerp is om soveel moontlik reënwater op te vang en ook ‘n fontein wat die wat dié dam voed.

Nadat die ‘onwettige konneksies’ blykbaar ontkoppel is, het dieselfde gebied in Bethal steeds nie water gehad nie.

Teen druktyd was dit nog nie bekend of inwoners water het nie.

Lees ook:

https://www.citizen.co.za/ridge-times/142293/bethalwater-water-slowly-flowing-bethal/

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button