MunicipalNews

Bome in woonwapark op Standerton raak al hoe yler

Volgens hom, stap hy teen skemer en het ’n vuur geblus, maar die boom was reeds ‘opgedons’.

’n Inwoner van Standerton, dr. Daan Grobler, het sy onsteltenis verlede week op ’n WhatsApp-groep laat blyk oor die stelselmatige afkap van bome in die woonwapark.

“Dit was een van die mooiste woonwaparke en mense het van oral af opgedaag om te kom kamp en braai op Sondae,” het dr. Grobler gesê.

Die Standerton Advertiser het verlede week met dr. Grobler in verbinding getree oor die sierbome wat afgekap word en die hout wat na bewering verkoop word.

“Net voor donker, kry ’n mens hulle in Handel- en Burgerstraat met sakke op die kop.”

Volgens hom stap hy teen skemer en het ’n vuur geblus, maar die boom was reeds ‘opgedons’.

Hy het ook foto’s op Lekwa se Facebook-bladsy geplaas om dit onder die aandag van die munisipaliteit te bring.

’n Boom in die woonwapark van Standerton brand. Dr. Daan Grobler het dié vuur geblus. (Foto: Verskaf)

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button