MunicipalNews

Spruit dra swaar aan afval en rommel op pad na Vaalrivier

Dié water is volgens inligting, afkomstig van Sakhile se uitbreidings 6 en 7 en loop agter die ondernemings in Charl Cilliersstraat, onder 'n brug in Burgerstraat, direk na die Vaalrivier deur.

‘n Oplettende inwoner wat verkies om anoniem te bly, het onlangs met die Standerton Advertiser in verbinding getree oor grootskaalse afval wat in ‘n spruit in die middedorp gestort word.

Dié water is volgens inligting, afkomstig van Sakhile se uitbreidings 6 en 7 en loop agter die ondernemings in Charl Cilliersstraat, onder ‘n brug in Burgerstraat, direk na die Vaalrivier deur.

Een of twee uitgegroeide rotte het ook ‘n teelaarde in dié haglike omstandighede gevind.

Bourommel wat in die agterplaas lê, word gebruik in tye van swaar reënval as die spruit opstoot om vir stormwater te keer.

Dié spruit se water word deur rommel bemors.

‘n Gewilde kitskosrestaurant in die gebied se vullis beland ook, na bewering, in die spruit en verskeie informele kleinhandelaars naby die brug, se rommel is in die spruit opgemerk.

Tydens die koerant se besoek op Dinsdag 27 Augustus om 10vm, is ‘n afleweringsvoertuig opgemerk wat voorraad aflaai.

‘n E-pos is op 29 Augustus na die gesondheidsinspekteur van die Gert Sibande Distriksmunisipaliteit, me. Amanda Mbasane, gestuur met foto’s wat afsonderlik aangeheg is nadat me. Mbasane teruggeskakel het.

Me. Mbasane het die navraag verwys na die kommunikasiebeampte van die munisipaliteit, me. Bongi Dube, wie se landlyn beset gelui het by vier geleenthede met ‘n stemboodskap wat aangedui het dat die oproep oorgeplaas sou word, wat nie die geval was nie.

Opeenhoping van bouafval en rommel onder die brug.

‘n E-pos is ook dieselfde dag na haar gestuur.

Die koerant het intussen met mnr. Bronwen Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir Mpumalanga-Wes, in verbinding getree en die foto’s aangestuur.

Besoedeling van die Vaalrivier het al verskeie kere ter sprake gekom, hetsy deur koerantdekking of tydens ‘n onlangse televisieprogram waar onderhoude met sleutelrolspelers gevoer is.

Volgens Suid-Afrikaanse wetgewing, mag die e-coli-telling nie hoër as 1000 eenhede per 100ml water wees nie.

AfriForum wag op dié stadium vir die uitslae se verslag vanaf Bloemfontein.

’n Afleweringsvoertuig gaan aan met die normale gang van sake.

“Die riool wat in die Vaalrivier invloei, blyk die grootste probleem te wees,” het mnr. Pretorius gesê.

Dié burgerregte-organisasie het verlede week ‘n skrywe aan die munisipale bestuurder, me. Gugu Mhlongo-Ntshangase, gerig en riool- en waterlekke onder haar aandag gebring. Hulle het ‘n tydsraamwerk van sewe dae vir kommentaar gegee.

“‘n Mediaverklaring sal so gou doenlik uitgereik word,” het mnr. Pretorius bygevoeg.

Die agterplaas van die ondernemings in Charl Cilliersstraat, Standerton.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button