MunicipalNews

AfriForum maak uitslae van bloudruppel- en groendruppletoetse bekend

Volgens die groendruppelstatus, voldoen Standerton rioolsuiweringsaanleg nie aan die vasgestelde mikrobiologiese standaarde nie.

AfriForum het onlangs verskeie dorpe in Mpumalanga se water getoets om die gehalte van dorpe in dié streek se drink- (bloudruppelstatus) en rioolwater (groendruppelstatus) te bepaal, met gemengde resultate.

Dié burgerregte-organisasie se nasionale blou-en-groendruppelprojek fokus op die stand van dorpe se drinkwater- en rioolaanlegte en die klem is hoofsaaklik op watergehalte geplaas.

“Ons kon vasstel dat die drinkwater van bykans al die dorpe aan die minimum standaarde voldoen en geen skadelike bakterieë bevat nie,” het mnr. Bronwen Pretorius, distrikskoördineerder vir die Hoëveld, gesê.

Hulle sal egter voorgaan om die watergehalte deurlopend te toets.

“Inwoners het ‘n grondwetlike reg tot skoon drinkwater,” het mnr. Pretorius ook gesê.

Wat die Lekwa Munisipaliteit se bloudruppelstatus aanbetref, het Standerton en Morgenzon in 2017, 2018 en vanjaar ‘n skoon resultaat gelewer.

Volgens die groendruppelstatus, voldoen Standerton se rioolsuiweringsaanleg nie aan die vasgestelde mikrobiologiese standaarde nie.

Ander plaaslike munisipaliteite se rioolsuiweringsaanlegte wat nie aan die vasgestelde standaarde voldoen nie sluit in Govan Mbeki, Thaba Chweu, Emakhazeni, Mbombela en eMalahleni, wat hulle tot kommer strek.

In ‘n voorbladberig van die Standerton Advertiser van 6 September is gemeld dat die E-coli telling nie hoër as 1000 eenhede per 100ml water mag wees nie en Standerton se 2017-uitslag staan op 30 000, 1 000 vir die daaropvolgende jaar en 10 000 tans, met Morgenzon wat in 2017 op 1 500 gestaan het, verlede jaar op geen tot vanjaar se skoon resultaat.

“Ons sal die nie-nakoming verder ondersoek en optree waar nodig,” het mnr. Hennie Bekker, distrikskoördineerder vir die Laeveld, gesê. AfriForum se Standerton-tak het in

Oktober verlede jaar ondernemings gehelp om rioolpype, wat al vir meer as drie maande oorstroom, oop en skoon te maak.

“Ons hoop om Standerton se rioolpype binnekort weer in ‘n werkende toestand te hê,” het mnr. Pieter Botha, AfriForum se Standerton-takvoorsitter, destyds gesê.

Die koerant het in vorige berigte melding van die sukkelende munisipaliteit met sy infrastruktuurprobleme gemaak, sowel as die provinsiale departement van water en sanitasie, die nasionale regering se beleid oor verskaffing van skoon drinkwater en politieke partye wat in die politieke arena moet debatteer oor sulke kwessies.

Ons het meer as ‘n jaar gelede met mnr. Pretorius in gesprek getree oor hul betrokkenheid by die probleme en hy het melding gemaak van sy voorganger, mnr. Hillel Coetzer, wat ‘n saak by die Standerton Polisie aanhangig gemaak het.

Die Vaalrivier se hoë E-coli-vlakke het hul genoop om toetse te doen.

Inwoners speel ‘n groot rol in die aanmelding van riool- en waterlekke op ‘n WhatsApp-groep. ‘n Lys van lekke, soos ontvang van AfriForum, is reeds teen die einde van Mei aan me. Thobeka Mtshiselwa, kommunikasiebestuurder van die munisipaliteit, oorhandig.

Me. Mtshiselwa het destyds aangedui dat Lekwa ‘n mediakonferensie voor die einde van Junie gaan hou om sake wat dringend aandag verg, aan te spreek. Mnr. Louis Jansen van Rensburg, DA-raadslid, het ook al getuienis voor die Menseregtekommissie (MRK) afgelê waarna hul aanbevelings gedoen het. Die Standerton Advertiser kon teen druktyd nie ‘n afskrif van die verslag bekom nie.

Mnr. Jan du Plessis (AfriForum) toets die water by die rioolaanleg langs die Charlie 5-pad.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button