Local newsMunicipalNews

Waarom jy in Bethal se tussenverkiesing moet stem

Vanjaar se tussenverkiesing vir Wyk 28 sal op Woensdag, 9 Oktober plaasvind.

BETHAL – Vuiste is gebal vir die tussenverkiesing vir Wyk 28 en plakkate hang reeds die dorp vol.

Vanjaar se tussenverkiesing vir Wyk 28 sal op Woensdag, 9 Oktober plaasvind.

Omdat dié dorp se munisipaliteit steeds van Govan Mbeki afhanklik is, is dit belangrik om met die tussenverkiesing te stem.

Meeste inwoners wik en weeg vir watter party om voor te stem.

Die vraag wat die gemeenskap vra is: ‘Stem jy vir ’n party wat in die dorp sigbaar is, of stem jy vir ’n party wat vir die dorp en sy gemeenskap in die raad baklei?’

’n Politieke kenner het gesê: “Jy sal jou raadslid moet vra hoeveel mosies hy of sy al vir die raad ingedien het? Waarvoor het jou raadslid in die raad baklei?”

Min mense weet dat Wyk 28 nie nét uit Bethal bestaan nie, maar ’n groot deel van eMzinoni val ook onder Wyk 28.

Om te kan stem moet jy geregistreerd wees.

Jy sal by Laerskool Marietjie van Niekerk en by MD Coovadia Primary School kan stem.

Slegs dié twee stem lokale is beskikbaar.

Wat is die proses om ’n tussenverkiesing te roep? 

Sodra iemand uitree of bedank, moet die Lid van die Uitvoerende Raad (LUR) vir plaaslike regering, na oorlegpleging met die verkiesingskommissie ’n datum vir die tussenverkiesing vasstel.

Waarom moet jy in die tussenverkiesing stem?

’n Wyksraadslid is vir ’n wye verskeidenheid dienste aan inwoners verantwoordelik wat water, elektrisiteit, paaie, gesondheidsorg, vullis en vullisverwydering en vele ander insluit.

Met jou deelname kan jy die wyksraadslid kies wat jou belange en die van die gemeenskap in die munisipaliteit sal verteenwoordig.

Sms jou identiteitsnommer na 32810 om seker te maak of jy geregistreer is, ’n sms kos R1.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button