Local newsLocal sportNewsSport

Hennie trap 150km vir Bethal Bybelvasvragroep

Mnr. Hennie Strydom (27) gaan op Vrydag, 4 Oktober 150km met sy fiets trap om geld in te samel. Leerders van Laerskool Marietjie van Niekerk het vir die Nasionale Bybelvasvra kampioenskappe gekwalifiseer. Juis daarom het mnr. Strydom besluit om borge per kilometer te kry om sodoende geld in te samel.

BETHAL – Mnr. Hennie Strydom (27) gaan op Vrydag, 4 Oktober 150km met sy fiets trap om geld in te samel.

Leerders van Laerskool Marietjie van Niekerk het vir die Nasionale Bybelvasvra-kampioenskap gekwalifiseer.

Omdat hulle in Hartenbos gaan deelneem gaan dit ouers heeltwat geld uit die sak jaag.

Juis daarom het mnr. Strydom besluit om borge per kilometer te kry om sodoende die geld in te samel.

Mnr. Strydom het reeds 14 Cape Town cycle tours (Argus-fietswedren) agter die kuit.

Asof dit nie genoeg is nie, mik hy boonop om 21 van dié wedrenne klaar te maak.

Hy het nog net ’n paar mense wat reeds R150 geborg het en hier en daar ’n onderneming wat ’n eenmalige bedrag gegee het.

“Ek gaan bykans R8 000 moet insamel. Ek wou nog altyd so iets gedoen het en is baie bly dat die kans nou aangebreek het. Ons beplan om 3.30vm uit Bethal weg te spring.

Almal hoef nie R150 vir die 150km te gee nie. As iemand R10 kan gee sal dit ook help,” het hy gesê.

’n Gewoonte het by hom ’n liefde geword en dit is toe dat sy fietsryloopbaan vlam gevat het.

Gedurende sy skoolloopbaan moes hy tussen rugby en fietsry kies, hy het sonder twyfel, fietsry gekies.

Hy beoog om 21 Argus fietswedrenne te ry.

As ondernemings hom wil ondersteun is hy bereid om ’n hemp te laat druk met dié onderneming se logo op.

Ondernemings of enigiemand anders wat hom wil ondersteun kan me. Annelie Lundall by 072 048 4088 skakel of stuur ’n e-pos na artlinecanvas@gmail.com.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button