Local newsLocal sportNewsSport

Dié hengelklub is lekker sosiaal by prysuitdeling

orné Nel het die grootste karp (8,87kg) gevang en Johan Viljoen die grootste modderbek (1,07kg).

SECUNDA – Jorinda van Coller is die kampioen van die Lekker Sosiale Hengelklub.

Sy het hierdie trofee, asook ‘n gros ander trofeë en medaljes ingepalm op die jaarlikse klub-prysuitdeling wat op Saterdag, 28 September by die Ukhozi Lodge-lapa gehou is.

Jorinda het met 305, 47 punte, die meeste punte vir die jaar versamel.

Dié jong hengelaar het ook die trofeë ontvang vir die hengelaar met die grootste geelvis (1,33kg), die hengelaar met grootste baber (11,84kg), die hengelaar met die meeste vis per kompetisie (40 vis) en vroue-hengelaar met die meeste punte vir die jaar.

Sy het ook die tweede plek-medaljes verower vir die hengelaar met die swaarste sak vis per kompetisie (45,36kg), en die meeste vis per kompetisie.

Dié tweede plek het sy met Charl Booysen gedeel.

Pieter Prinsloo het tweede gekom in die algehele klubkampioenskap.

Hy het 258,72 punte ingewin.

Prinsloo was ook die man met die meeste punte, en het die trofee verower vir die hengelaar met die swaarste sak per kompetisie (49,96kg).

Klubvoorsitter, Rhynhardt Fourie was derde in klubkampioenskap met 199,78 punte.

Dit het vir hom die tweede plek onder die mans verseker.

Fourie was ook derde in die swaarste sak-afdeling. Hy is ook met die Dollos-trofee beloon.

Marista Viljoen was tweede in die vroue-afdeling met 172,07 punte.

Charl Booysen was derde onder die mans met 171,35 punte.

Corné Nel het die grootste karp (8,87kg) gevang en Johan Viljoen die grootste modderbek (1,07kg).

Viljoen het die trofee vir die meester met die meeste punte (141,48) verower. Neels Nel was tweede meet 39, 06 punte.

Tiaan Fourie het die Varkie-trofee ontvang vir sy bevordering van penkapper na ondervoorsitter.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button