MunicipalNews

Munisipaliteit faal om te reageer op AfriForum se memorandum

Organisasie stuur aanmaning aan Govan Mbeki Munisipaliteit

SECUNDA – AfriForum het vroeg in Oktober ‘n memorandum en aanmaningsbriewe aan Govan Mbeki Munisipaliteit oorhandig rakende die probleem met watervoorsiening.

AfriForum het steeds geen terugvoer van die munisipaliteit ontvang nie.

Dié organisasie het in Oktober ook dokumente aan Rand Water oorhandig en het ook geen kommentaar of terugvoer van dié watervoorsiener ontvang nie.

Dit kom nadat Rand Water aan die einde van September ‘n kennisgewing aan Govan Mbeki Munisipaliteit gerig het omdat hulle geen betaling vir water ontvang het nie.

Volgens mnr. Bronwen Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder van die Hoëveld, het AfriForum se regspan versoek dat AfriForum deel van die gesprekke vorm omdat inwoners wat hul rekeninge betaal het, onregverdig benadeel word.

Mnr. Jan du Plessis, voorsitter van AfriForum se tak op Secunda, met die memorandum wat hy aan die begin van Oktober aan Govan Mbeki Munisipaliteit oorhandig het.

“Toegang tot water is ‘n grondwetlike reg,” het mnr. Morné Mostert, AfriForum se bestuurder van plaaslike regeringssake, gesê.”Gemeenskappe mag nie gyselaar gehou word weens die wanbestuur van staatsentiteite nie.

“Gemeenskappe moet ook ingelig word oor besluite wat op munisipale vlak geneem word, want dit is uiters belangrik om te weet watter ooreenkomste die munisipaliteit sluit.”

AfriForum het ook met die memorandum, ‘n afskrif versoek van enige ooreenkoms wat tussen die partye aangegaan is, om te verseker dat die partye daarvolgens optree.

AfriForum het die munisipaliteit, asook Rand Water genoeg tyd gegee om te reageer, maar nie een van die twee het gereageer nie.

“Dit is onaanvaarbaar dat die munisipaliteit so baie geld aan Rand Water skuld.

“Die vraag wat gevra moet word, is hoe hulle in hierdie skuld beland het. Die staat moet ‘n skuldinvorderingsproses begin om dié geld terug te kry.”

Ridge Times het die munisipaliteit se kommunikasieafdeling om kommentaar genader.

Also read: AfriForum sends another lawyer’s letter to Govan Mbeki Municipality

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button