MunicipalNews

Inwoners in middedorp kan ‘war room’ vir klagtes gebruik

“Allerlei soort probleme van kwessies met identiteitsdokumente en paspoorte tot hospitaal- en polisie-aangeleenthede kan aangemeld word,” het mnr. De Ville gesê.

Die DA-raadslid van wyk 10 en koukusleier, mnr. Rosier de Ville, het op Maandag 28 Oktober aangedui dat ‘n ‘war room’ voortaan by alle gemeenskapsprobleme sal hand bysit.

‘n Voltydse sekretaresse, me. Phindile Radebe van die Lekwa Munisipaliteit, is aangestel om die kantoor te beman.

“‘n Verwysingsregister sal ook daar in plek wees om rekordhouding te verseker,” aldus mnr. De Ville.

Haar telefoonnommer is 060 502 7668 en kantoorure is weeksdae vanaf 8vm tot 1nm en 2nm tot 4nm.

Alle inwoners van wyk 10, die middedorp en wyk 4, Meyerville kan by haar klagtes indien.

“Allerlei soort probleme van kwessies met identiteitsdokumente en paspoorte tot hospitaal- en polisie-aangeleenthede kan aangemeld word,” het mnr. De Ville gesê.

“Dit kan dalk help om sake te bespoedig.”

‘n Besluit is by ‘n vergadering op 24 Oktober met relevante rolspelers geneem om ‘n kantoor agter die Standerton Stadsaal beskikbaar te stel.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button