CrimeLocal sportNewsSport

AfriForum tree toe tot grondgryp-probleem

"Ons sal streng teen polisiestasies optree wat nie hul pligte nakom nie."

Die burgerregtewaghond, AfriForum, het op 7 November skrywes by 26 polisiestasies in Mpumalanga ingehandig om die polisie weer bewus te maak oor die wyse waarop grondgrype hanteer moet word.

Dié skrywes is ingedien saam met ‘n direktief wat die Nasionale Kommissaris vroeër vanjaar aan alle polisiestasies gestuur het.

Volgens AfriForum, vorm dié aksie deel van ‘n projek wat hulle van stapel gestuur het om soveel polisiestasies as moontlik in Gauteng, Limpopo en Mpumalanga te besoek om gidse te oorhandig wat die prosedure vir polisiehantering van grondgrype duidelik uiteensit.

Skrywes is by Barberton, Bethal, Breyten, Carolina, Charl Cilliers, Davel, Delmas, Dullstroom, Eloff, eMbalenhle, eMzinoni, Ermelo, Hendrina, Kriel, Leandra, Lydenburg, Machadodorp, Middelburg, Morgenzon, Nelspruit, Piet Retief, Secunda, Standerton, Trichardt en Witrivier ingedien.

Grondgrype in die Noordstreek het sedert die begin van 2019 beduidend toegeneem.

Volgens AfriForum is sowat 45 gevalle in Gauteng, vyf in Limpopo en nege in Mpumalanga aangemeld.

“Die polisie versuim gereeld om hul grondwetlike plig en verantwoordelikhede na te kom, veral wat grondgrype betref, wat daartoe lei grondeienaars hul hand diep in die sak moet steek om die hof te nader om dié grondgrype te keer,” het mnr. Bronwen Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoëveld, gesê.

“AfriForum sal voortgaan om as burgerregtewaghond op te tree en druk op die owerhede toe te pas om te verseker dat hulle hul grondwetlike pligte nakom,” het mnr. Hennie Bekker, distrikskoördineerder vir die Laeveld, gesê.

“Ons sal streng teen polisiestasies optree wat nie hul pligte nakom nie.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button