Local sportNewsSchoolsSport

Hoërskool Secunda bied Vrydag Mashie-gholfdag aan

Skool samel geld in vir rugbytoer

SECUNDA – Hoërskool Secunda bied op Vrydag, 15 November ‘n Mashie-gholfdag by die skool aan.

Die doel van dié dag is om geld in te samel vir Hoërskool Secunda se rugbyspanne wat in Maart volgende jaar na HTS Drosdy toer.

‘n Mashie-gholfdag bestaan uit ‘n par 3-gholfbaan en die speler kry slegs ‘n setyster en ‘n wigyster om mee te speel.

Daar is groot pryse op die spel en die baan sal uit nege putjies bestaan.

Die 10de putjie gaan ‘n bonus-ronde wees waar spelers gaan meeding vir die naaste aan die pen.

Inskrywingsgeld is R1 000 per vierbal en dit sluit ‘n ete (skaapbraai) in.

Spelers slaan om 1nm, 2.20nm, 3.40nm en 5nm af.

Die prysuitdeling begin om 7nm en word gevolg deur ‘n spitbraai.

Skakel mnr. George Matfield by 082 452 8948.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button