MunicipalNews

Bethallers sit soms sonder water terwyl dit die pad afstroom

Kinders moenie met die water mors nie, maar wie mors dan nou met die water?

BETHAL – Inwoners is bekommerd oor ‘n varswaterlek wat al ‘n geruime tyd duur.

Volgens landbouers in die gebied, is die waterlek reeds verskeie kere by Govan Mbeki Munisipaliteit (GMM) aangemeld.

Ridge Times het navraag aan GMM gerig om te hoor of hul wel van dié waterlek bewus is.

Dit blyk die beginpunt van die waterlek te wees.

Omdat GMM nie gereageer nie, is dit onbekend of dit ‘n Randwaterpyp of dalk oorvloei van die nabygeleë reservoir is.

“Dit maak nie saak waar die water vandaan kom nie, dit is water wat gemors word,” het ‘n inwoner gesê.

Water stroom vir kilometers in die grondpad en langs die pad af. Plek-plek dam die water op.

“Almal gaan so aan dat daar nie genoeg water is nie en hoeveel keer het dit gebeur dat inwoners nie water het nie. Hier stroom die water uit en word vermors.”

GMM is gevra of die waterlek herstel gaan word en wanneer. Blykbaar het dié lek vir ‘n ruk nie gevloei nie, maar bykans ‘n maand gelede het water weer vir kilometers in en langs die pad afgestroom.

Plek-plek dam die water op.
Vars water word vermors en die waterlek word nie herstel nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button