Local newsMunicipalNews

Dooie dier dryf op oppervlak van Vaalrivier

Die raad wat aan die inwoner gegee is, is om die voorval by die munisipale kantoor van wyk 10, agter die Standerton Stadsaal, aan te meld.

Mnr. Boet Smit, ‘n inwoner van Handelstraat, het op Woensdag 20 November die Standerton Advertiser in kennis gestel van ‘n dooie bees wat op die oppervlak van die Vaalrivier dryf.

Die raad wat aan die inwoner gegee is, is om die voorval by die munisipale kantoor van wyk 10, agter die Standerton Stadsaal, aan te meld.

Mnr. Smit het by sy terugkoms gesê dat hulle hom nie kon help nie.

Nadat hy die koerant na die presiese plek vergesel het, is foto’s van die opgeblaasde dier by die Standerton Rivierpark geneem.

Ondersoek is ingestel en me. Phindile Radebe is op Donderdag 21 November geskakel en daarna is dit, via WhatsApp, by die kommunikasiebestuurder van die Lekwa Munisipaliteit, me. Thobeka Mtshiselwa, aangemeld.

Me. Mtshiselwa het aan die Standerton Advertiser aangedui dat sy die relevante departement in kennis sal stel.

Die teenwoordigheid van kuddes by die Rivierpark is geen ongewone gesig nie, nog minder diere wat vreet-vreet aan vullissakke in strate naby die park gesien kan word.

Lekwa het, volgens inligting, nog geen dorpsverordeninge by ‘n raadsvergadering goedgekeur nie.

Mnr. Boet Smit op die oewer van die Vaalrivier in die Standerton Rivierpark.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button