MunicipalNews

Dít is wat lesers moet weet wanneer mense na hul kragmeters wil kyk

Eienaars van ondernemings in dié dorp was warm onder die kraag nadat hul elektrisiteit afgesny is. ’n Paar mans het onlangs by winkels gestop en daarop aangedring dat hulle die vooruitbetaalde elektrisiteitsmeters (prepaid meter) moet inspekteur.

BETHAL – Plaaslike sakelui was warm onder die kraag nadat hul elektrisiteit afgesny is.

‘n Paar mans het onlangs by winkels gestop en daarop aangedring dat hulle die vooruitbetaalde elektrisiteitmeters (prepaid meter) moet inspekteur.

Die motor waarmee hulle gery het, was nie ‘n munisipale voertuig nie.

Volgens een van die eienaars, het die mans geen vorm van identifikasie by hul gehad nie en ook nie ‘n brief om te toon dat hulle daar is om inspeksie te doen nie.

Een van die eienaars het gesê: “Ek het vir een van die mans gevra wat sy naam is. Hy was baie arrogant en het gesê dat hy nie vir my hoef te sê wat sy naam is nie.

“Omdat hulle nie bewys kon lewer dat hulle van Govan Mbeki Munisipaliteit is nie, het ek hulle toegang tot my winkel geweier. Die man het toe vir my gesê hy sal my wys dat hy wel die krag sal afsit.”

Die elektrisiteitstoevoer na al die ondernemings is afgesny, selfs dié wie se meters nie ‘oorbrug’ is nie.

GMM het genoem dat al hul werknemers in die energie/elektriese afdeling volle GMM-persoonlike beskermingsdrag (PPE) het en dat hul duidelik uitgeken kan word.

GMM het ook gesê dat:

– Eienaars van ondernemings mag vir bewys van indentifikasie vra.
– As ‘n munisipale werker van die elektriese afdeling hom of haarself kan identifiseer, mag ‘n eienaar van ‘n onderneming nie toegang weier nie.
– Die persoon wat ondersoek kom instel, moet ‘n toestemmingsbrief van GMM hê wat wys dat ‘n roetine ondersoek gedoen word.

“Ek wil ons gemeenskap waarsku teen mense wat hul voordoen as munisipale werkers. Dit is ook vir my onregverdig dat mense wie se kragrekening agterstallig is, se krag nie alleen afgesny word nie, maar almal se krag word saam afgesny.

“Die meters wat oorbrug is, word uitgehaal en dan net weer teruggeplaas. Waarom word daar nie behoorlike aksie teen die skuldiges geneem nie?”

Die munisipaliteit het bevestig dat dit onwettig is om ‘n meter met ‘n ander onderneming te deel.

As jy probleme met jou meter of eletrisiteit het, meld dit by GMM aan, maar maak seker dat jy ‘n verwysingsnommer kry.

Jy kan die munisipaliteit op die volgende maniere kontak:

E-pos: callcentre@govanmbeki.gov.za
Skakelbord: 027 17 620 6000
Whats-app: 083 790 0659
Kontaksentrum: 0800 600 001/004 of 017 620 6000 kies twee.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button