BETHAL – Inwoners is bekommerd oor stoptekens wat op verskeie plekke in dié dorp verdwyn.
Govan Mbeki Munisipaliteit is genader vir kommentaar, maar geen antwoord is ontvang nie.
In die vrae wat aan hulle gerig is, het Ridge Times gevra of die stoptekens gesteel is, of verouderd was, en ook waarom padtekens veral naby skole nie vervang word nie?
Van dié stoptekens het ook verdwyn naby een van Hoërskool Hoogenhout se ingange, by die ingang na hul dogterskoshuis. en ook op die hoek van ‘n kleuterskool.
“Waarom kan die tekens op die pad nie ten minste duidelik gehou word nie? Dit kan immers nie gesteel word nie,” het ‘n inwoner gevra.
As iemand sien dat padtekens gesteel word, moet hulle dit aanmeld om sodoende diefstal en ongelukke te probeer bekamp.
Volgens inwoners is dit al vir maande vermis.





