Local newsLocal sportNewsSport

Bethallers wen gholfdag vir Megan

Dié kleinding het erge skoliose en ’n operasie om haar ruggie te herstel, gaan ten minste R600 000 kos.

EVANDER – ’n Span van Bethal het die ’n gholfdag gewen wat Donderdag, 12 Desember ten bate van Megan van Rheede van Oudtshoorn aangebied is.

Die gholfdag sou oorspronklik die vorige dag by Graceland se buiteklub gehou gewees het, maar weens die baie reën, was die gholfdag vir die volgende dag na Walker Park-gholfklub verskuif.

https://www.citizen.co.za/ridge-times/152208/raak-deel-van-die-groep-om-megan-4-te-steun/

Hoewel hierdie nuwe verwikkelinge tot ’n kleiner veld van 42 spelers gelei het, het hulle steeds die dag geniet.

Bethal se manskaptein, MG Snyman, en sy spanmaats Willem du Plooy, Tobie Oosthuizen en Gert van der Merwe het met 101 die vierbal-beterbalformaat gewen.

Jaco Knoetze, Deon Uys, Peppie Petherbridge en Wimpie Naude was tweede met 98 punte.

Mnre. Johan Steyn en Johan Cosmo en hul kollegas by Southerby het die dag gereël om geld in te samel sodat Megan (4) dringende ’n operasie kan ondergaan.

Dié kleinding het erge skoliose en ’n operasie om haar ruggie te herstel, gaan ten minste R600 000 kos. Haar ouers het nie ’n mediese fonds nie.

Die organiseerders is ook betrokke by ander aksies om geld vir Megan in te samel.

Vir meer inligting, om geld by te dra of om betrokke te raak, skakel mnr. Cosmo by 064 756 4994.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button