Bethal-inwoners sit vir 26 dae sonder water
Die Vryheidsfront Plus (VF+) wil nou ’n klagte by die menseregtekomissie (MRK) teen Rand Water Bulk Services indien, asook teen Govan Mbeki Munisipaliteit vir die skending van Artikel 2 van die Grondwet wat bepaal dat elke inwoner die reg op vars water het.
Inwoners van Bethal is met hulle hande in hul hare omdat hulle reeds vir 26 dae geen water het nie en slegs sporadiese krag.
Die Vryheidsfront Plus (VF+) wil nou ’n klagte by die menseregtekomissie (MRK) teen Rand Water Bulk Services indien, asook teen Govan Mbeki Munisipaliteit vir die skending van Artikel 2 van die Grondwet wat bepaal dat elke inwoner die reg op vars water het.
Volgens die plaaslike VF Plus-takvoorsitter,mnr. Deon de Vries, duik dié probleem op slegs 65 dae nadat die ANC die plaaslike tussenverkiesing op Bethal, wat op 9 Oktober plaasgevind het, gewen het.
“Die VF Plus het slegs ses stemme nodig gehad om te wen in ’n hewige betwiste verkiesing nadat die DA-wyksraadslid bedank het,” het mnr. De Vries gesê.
“Teenstrydige kommunikasie vanuit verskillende bronne in die Govan Mbeki Munisipaliteit bied tans min antwoorde vir die tekort aan water en krag.”
Volgens mnr. De Vries meen sommige mense die grootmaat-waterverskaffer, Rand Water, het nie voldoende pompe geïnstalleer om genoeg water aan die dorp te voorsien nie, terwyl die moontlikheid ook bestaan dat Rand Water waterbeperkings ingestel het weens agterstallige waterskuld van R272 miljoen van die Govan Mbeki Munisipaliteit.
“Al die inwoners van Bethal en die Govan Mbeki Munisipaliteit word nou gyselaar gehou deur entiteite wat verantwoordelik is vir die lewering van dienste aan die dorp.
“Die VF Plus het alles in sy vermoë gedoen om die situasie tussen Rand Water en die Govan Mbeki Munisipaliteit te voorkom.
“Dit is tyd om die betrokke entiteite tot verantwoording te roep,” het mnr. De Vries gesê.
Lees ook:
https://www.citizen.co.za/ridge-times/152424/bethal-water-pressure-low-gmm-rand-water-debt-high/



