CrimeNews

Geen ernstige misdaad in Ermelo aangemeld sedert 17 April nie

Alle inwoners word aangemoedig om behalwe vir noodsaaklikhede wat hul benodig, by hul huise te bly en die regulasies van die inperking te gehoorsaam.

Kapt. Carla Prinsloo, woordvoerder van Ermelo Polisie het onlangs aan die Hoëvelder gesê dat daar sedert 17 April geen ernstige misdaad by die polisie aangemeld is nie.

Sy het bygevoeg dat daar in die tydperk 30 mense vir verskeie oortredings met betrekking tot die Rampbestuurswet (Wet 57 van 2002) inhegtinis geneem is.

Alle inwoners word aangemoedig om afgesien van noodsaaklikhede wat hul benodig, by hul huise te bly en die regulasies van die inperking te gehoorsaam.

Die Hoëvelder het op 20 April opgemerk dat die hoofstraat van Ermelo byna soos ’n gewone dag gelyk het.

’n Inwoner wat verkies om anoniem te bly, het ’n foto aan die Hoëvelder verskaf, waar gesien word hoe inwoners nie by die 1m distansëringsmaatreëls hou nie en gesê het dat die foto omstreeks 4nm by Ermelo Provinsiale Hospitaal geneem is.

Die inwoner het genoem dat dit kommerwekkend is oor hoe min mense hulle aan die sosiale distansëringsmaatreëls wat in plek is om die verspreiding van die covid-19 virus te bekamp, steur.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button