
‘n Inwoner van Morgenzon, me. Mari Booysen, het met die Standerton Advertiser in verbinding getree om die klem op ons buurdorp te plaas.
Op moedverloor se vlakte is foto’s van die toestand van die paaie aangestuur.
Die Advertiser en ons susterkoerant op Ermelo het al verskeie kere die probleme toegelig.
Opsommenderwys is die roete wat deur vragmotorbestuurders gebruik word, een van die groot kopsere.
Die situasie tans sluit in slaggate, stoptekens wat of afgehaal of afgery is, die toestand van die kruising by die vulstasie en die R35, waar meer as een ongeluk al plaasgevind het.
Me. Booysen, sowel as mnre. Deon van Daalen en Corné van Dijk, laasgenoemde twee in Julie verlede jaar, het hul misnoë duidelik laat blyk.
Mnr. Muso Kubkeka, DA-raadslid, het in ‘n persvrystelling verlede jaar die Lekwa Munisipaliteit se onvermoë om die situasie te beredder, bevraagteken.
Die munisipaliteit het daarna aangedui dat die hoofstraat ‘n provinsiale pad is.
Die Gert Sibande Distriksmunisipaliteit by monde van hul woordvoerder, me. Bongi Ka Dube, het destyds aangedui dat die provinsie ook betrokke was.
Volgens me. Ka Dube, het die munisipaliteit met die Departement van Openbare Werke, Paaie en Vervoer geskakel.
Meer foto’s beskikbaar hier: [GALERY] Verval van Morgenzon se paaie



