MunicipalNews

Kleur van Standerton se water bevraagteken

Volgens latere inligting, neem die munisipaliteit watermonsters by huise sodat dit getoets kan words.

Inwoners van Kieserstraat op Standerton het verlede week foto’s geneem van die kleur van die water in die bad.

Dié foto’s is op ‘n WhatsApp-groep geplaas.

Die Standerton Advertiser het navraag by die kommunikasiebestuurder van die Lekwa Munisipaliteit, me. Thobeka Mtshiselwa, op Donderdag 11 Junie gedoen en sy het gesê dat die watersuiweringsaanleg na behore funksioneer.

Me. Mtshiselwa het bygevoeg dat inwoners met sulke probleme hul adresse moet verskaf sodat ondersoek ingestel kan word.

Volgens latere inligting, neem die munisipaliteit watermonsters by huise sodat dit getoets kan word.

Lees ook: Standerton residents air their dirty laundry

Die toestand van die bad nadat die water uitgeloop het. (Foto verskaf)

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button