MunicipalNews

Burgemeester van Lekwa praat met groepie raadop inwoners

Me. Kriel het aan die Standerton Advertiser gesê dat die twee grootste uitdagings, naamlik elektrisiteit en water nou aangespreek word.

‘n Groepie omgekrapte inwoners se vreedsame mini-betoog in Mbonani Mayiselastraat op Woensdag 10 Junie, het gelei tot ‘n ontmoeting met die burgemeester, hoewel nie op dieselfde dag nie.

Inwoners is op sekere WhatsApp-groepe aangemoedig om die betoging te ondersteun in weerwil van die beperkings van die grendeltydperk.

Die veiligheidspersoneel by die munisipale kantore was op hulle pos.

Volgens me. Belinda Kriel wat die protes organiseer het, het mnr. Linda Dhlamini hulle op 15 Junie om 11vm te woord gestaan, waarvan die aard van die samesprekings in goeie gees geskied het.

Die munisipale bestuurder van die Lekwa Munisipaliteit, me. Gugu Mhlongo-Ntshangase, was afwesig tydens die sessie.

Me. Kriel het aan die Standerton Advertiser gesê dat die twee grootste uitdagings, naamlik elektrisiteit en water, nou aangespreek word.

Die inwoners het gevra om ‘n tydsraamwerk vir Lekwa se beurtkrag en wil vrywillige kundiges betrek om Standerton se infrastruktuurprobleme op te los.

Me. Kriel het ook die Eskom-skuld en register vir behoeftiges (indigent register) aangeraak en genoem dat die kragverskaffer nie die netwerk, na gelang van laaasgenoemde, kan aanpas as die register nie die situasie korrek weerspieël nie.

“Eskom kan nie die register wysig as hulle nie ‘n benul van die groei daarvan het nie,” het me. Kriel bygevoeg.

‘n Vergadering word met die Lekwa-bestuur elke twee weke in die vooruitsig gestel.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button