Aranda lei nuwe VF Plus-tak op Secunda
Sy het almal in Secunda, Leandra, Kinross en Evander genooi om deel te word van hul groeiende Groen Golf wat hul lede en gemeenskap ondersteun.
Vryheidsfront Plus het op Donderdag, 16 Julie, ‘n nuwe tak op Secunda gestig.
Me. Aranda Nel-Buitendag, raadslid, is as voorsitter verkies.
Sy het almal in Secunda, Leandra, Kinross en Evander genooi om deel te word van hul groeiende Groen Golf wat hul lede en gemeenskap ondersteun.
Me.Wilma Kotze is die nuut-verkose ondervoorsitter, mnr. Ronnie Nelson is die tesourier en me. Louise Jonker is die sekretaris en penningmeester.
“Die VF Plus-span beoog om met behulp van ons lede en Secunda-inwoners se idees en nuwe voorstelle vir ons raadslede ‘n sterker platform te gee vanwaar aktiewe verandering in die dorp meegebring sal word.Saam kan ons ‘n verskil maak,” het me. Nel-Buitendag gesĂȘ.
Skakel haar by 082 795 8895.