AfriForum van Secunda help om brandende huis te blus
“Toe ons die noodroep ontvang, het ons onmiddellik na die toneel gehaas, maar die huis was reeds met vlamme bedek. Ons kon daarin slaag om die brand te blus, maar die huis is egter verwoes,” het mnr. Dawie Taljaard, ondervoorsitter van AfriForum se Secunda-buurtwag, in ’n mediaverklaring wat vandag uitgereik is, gesê.
Die AfriForum-tak en -buurtwag in Secunda, die Govan Mbeki munisipale brandweer, Jelani Security en boere in die omgewing het Saterdag, 25 Julie saamgewerk om ’n brandende huis naby die Matla-kragstasie te blus.
“Toe ons die noodroep ontvang, het ons onmiddellik na die toneel gehaas, maar die huis was reeds met vlamme bedek. Ons kon daarin slaag om die brand te blus, maar die huis is egter verwoes,” het mnr. Dawie Taljaard, ondervoorsitter van AfriForum se Secunda-buurtwag, in ’n mediaverklaring wat vandag uitgereik is, gesê.
“Dit is belangrik dat gemeenskappe saamspan om doeltreffende reaksie tydens noodgevalle te verseker,” het Bronwen Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoëveld, gesê.
Die tak moedig gemeenskapslede aan om by bestaande strukture soos hierdie betrokke te raak om mekaar te ondersteun. SMS “Buurtwag” na 45350 (R1).