Local newsNews

Brand saai verwoesting op plaas buite Ermelo op Amsterdampad

Hy het gesê dat die oorsaak na hul mening, moedswillige brandstigting was.

Die winter-seisoen is sinoniem met veldbrande en op 24 Julie, het ’n brand op plaas Uitkyk buite Ermelo op die Amsterdam-pad gewoed.

Rookwolke het die kleur uit die lug gesmoor terwyl boere gehaas het om die vuur te beveg.

Die brand was op mnr. Frik du Plooy se plaas en volgens mnr. Cobus Pfister, plaasvoorman, het die brand omstreeks 4nm ontstaan.

SIEN AL DIE FOTO’S HIER: GALERY – Brand saai verwoesting op plaas buite Ermelo op Amsterdampad

Hy het gesê dat die oorsaak na hul mening, moedswillige brandstigting was.

Boere van die Ermelo-oos-omgewing het ’n helpende hand gereik om die vuur te bestry.

Hulle kon daarin slaag om teen omstreeks 6nm, die brand te blus.

Lees die volledige berig in die Hoëvelder.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button