Local newsNews

ATKV moedig mense aan om bord kos te gee of te borg

Siek mense benodig daagliks vars etes

SECUNDA – Die ATKV se Kosmosrand-tak het die afgelope ruk verskeie gesinne ondersteun waar ‘n lid weens verswakte gesondheid deur moeilike tye gaan en nie in staat was om self kos te maak nie.

Me. Tracey van Wyk, voorsitter van dié tak, het gesien hoe belangrik dit is dat gesinne wat iemand aan die dood afgestaan het of iemand het wat te siek is om self kos te maak, daagliks ‘n bord kos kry.

Sy het die gemeenskap aangemoedig om deel te word vn die Omgee-kos-projek en uit te reik na ander deur ‘n bord kos vir ‘n siek persoon te neem of om ‘n bord kos te borg.

Die ATKV ondersteun ook steeds kankerpasiënte waar hulle kan met kos, emosionele ondersteuning en rygeleenthede na die hospitaal.

As jy belangstel om dié projek te ondersteun of betrokke te raak, skakel me. Van Wyk by 074 103 6381 of betaal geld in by:

Absabank,

rekeningnaam: ATKV Kosmosrand,

spaarrekening,

rekeningnommer: 0091 6565 6335,

takkode: 334644.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button