Lekwa Munisipaliteit in Mbonani Mayiselastraat was op Donderdag om 2.30nm ‘n prentjie, egter van ‘n ander soort.
Swart vullissakke is voor die gebou tot by die kruising van Mbonani Mayisela- en Kerkstraat opgemerk.
‘n Betroubare bron het op Vrydag 31 Julie gesê dié protesaksie is sedert Dinsdag beplan.
Dit is nie die enigste keer wat die gemeenskap rommel voor die munisipale kantore afgelaai het nie.
AfriForum en die Standerton Belastingbetalersvereniging het op 4 Julie ingespring om vullis in Lekwa te verwyder, terwyl Lekwa Clean Up Crew voltyds werk van die saak maak.
Sekere inwoners is van mening dat vullisverwydering juis op munisipale rekeninge aangedui en vereffen word, maar dat dienste nie gelewer word nie.
Die sakke was teen Vrydag 31 Julie om 12.15nm agter die heining opgestapel, in hope.



