Rolstoeltennis-kenner besoek Secunda
Patrick Selepe van Tennis Suid-Afrika maak leerder en afrigter touwys
SECUNDA – Susan van Niekerk, ‘n gr.8-leerder van Hoërskool Secunda wat in ‘n rolstoel is, het vanjaar by Lezahn Greeff Tennis Akademie op Secunda aangesluit.
Sy is die eerste rolstoel-tennisspeler by die akademie en mnr. Patrick Selepe van Tennis Suid-Afrika, het op Vrydag, 18 September vir Susan en me. Boshoff besoek en hulle meer touwys gemaak met rolstoeltennis.

Mnr. Selepe het ook vir die afrigter en leerder ‘n afrigtingssessie aangebied.
Hy is deur Tennis Suid-Afrika aangestel om rolstoeltennis in Suid-Afrika te ontwikkel en te bevorder.
Susan se deursettingsvermoeë en wilskrag help haar om dié sport te beoefen en haar afrigter, me. Boshoff, het gesê sy is baie opgewonde oor Susan se tennisvaardighede.




