MunicipalNews

Vryheidsfront Plus maak Vaalrivierbesoedeling hull erns

“Nie eens ’n interdik wat in 2018 in die hooggeregshof teen die Lekwa Munisipaliteit verkry is, kon daarin slaag om die besoedeling stop te sit nie omdat die infrastruktuur nie behoorlik onderhou of herstel word nie,” het mnr. Weber bygevoeg.

Rioolprobleme op Standerton is al telkemale onder die loep geneem.

Die Vryheidsfront Plus het op 30 September tot die stryd toegetree by monde van mnr. Werner Weber, provinsiale leier, wat gesê het dat ‘n klagte by die waarnemende hoofdirekteur van omgewingsake, grond en die Groen Skerpioene in Mpumalanga, me. Pamela Ntuli, ingedien is oor erge rioolstortings in dié provinsie.

Standerton was een van die dorpe in Mpumalanga wat in hul persvrystelling genoem is.

Volgens die party, het die mislukking van munisipale infrastruktuur en onbeholpenheid van munisipaliteite daartoe gelei dat natuurlike hulpbronne met onbehandelde, menslike afval oorspoel word, wat ‘n langdurige negatiewe impak op die inwoners en die omgewing het.

“Nie eens ‘n interdik wat in 2018 in die hooggeregshof teen die Lekwa Munisipaliteit verkry is, kon daarin slaag om die besoedeling stop te sit nie omdat die infrastruktuur nie behoorlik onderhou of herstel word nie,” het mnr. Weber bygevoeg.

Lekwa Ratepayers Association gryp in Augustus in Sakhile in.

Groot volumes rioolwater beland gevolglik in die Vaalrivier.

Die VF Plus is van mening dat die Groen Skerpioene moet ingryp om besoedeling teë te werk en moet vasstel hoeveel skade reeds aan natuurlike hulpbronne berokken is.

Hulle gaan druk op die provinsiale regering plaas om dadelik teen individue op te tree, wat verantwoordelik is vir rioolwaterbehandeling.

Die Standerton Advertiser het in Augustus verlede jaar berig oor ‘n optog, onder die vaandel van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party, by die kruising van Coligny- en Schwickardstraat.

Die Facebook-blad van ‘SAVE the Vaal Environment’ het dit benadruk.

AfriForum het ook die besoedeling van die Vaalrivier met onaanvaarbare hoë e-coli vlakke onder die aandag van inwoners gebring.

“Ek stem heelhartig saam dat dit onaanvaarbaar is,” het mnr. Rosier de Ville, koukusleier van die DA, destyds gesê.

Inwoners laai uit desperaatheid hul griewe en foto’s op WhatsApp-groepe en Facebook-bladsye en afgesien van diegene wat einde ten laaste self ‘n loodgieter skakel, het sommiges watertenks en pompe laat installeer.

In die middedorp lyk dit soms so.

Waterlekke is te veel om op te noem en een mening was dat slaggate hoofsaaklik die oorsaak is van waterlekke en rioolpype wat oorstroom. Publisiteit is ook verleen aan die riool agter die moskee, wat in 2018 in die Vaalrivier ingeloop het.

Die koerant het op Donderdag 1 Oktober ‘n navraag, via WhatsApp, aan die kommunikasiebestuurder van die Lekwa Munisipaliteit, me. Thobeka Mtshiselwa, gestuur waarin spesifiek melding gemaak is van rivierbesoedeling.

Geen kommentaar is teen druktyd ontvang nie.

Mediaverklaring uitgereik deur: Werner Weber, VF Plus-LPW en provinsiale leier: Mpumalanga 30 September 2020

Die Vryheidsfront Plus het ‘n klagte by die waarnemende hoofdirekteur van omgewingsake, grond en die Groen Skerpioene in Mpumalanga, me. Pamela Ntuli, ingedien oor aanhoudende en erge rioolstortings in dié provinsie.

Daar is ‘n hele paar gebiede in die provinsie waaroor ernstige kommer oor die mislukking van munisipale infrastruktuur bestaan.

Hierdie onbeholpenheid van die munisipaliteite het daartoe gelei dat natuurlike hulpbronne met onbehandelde menslike afval oorspoel word wat ‘n langdurige negatiewe impak op die inwoners en die omgewing het.

Bethal: Drie van die rioolpompstasies funksioneer al baie lank nie meer nie. ‘n Pomp is in Desember 2019 vir herstelwerk verwyder en tot op datum is dit nog nie herstel of vervang nie.

Sedertdien vloei riool in die Blesbokspruit.

Tekens van infrastruktuur wat nie na behore onderhou word nie.

Die besoedeling is so erg dat toiletpapier en grys water 12km buite die dorp vanaf ‘n brug oor die spruit sigbaar is.

Mbombela-plaaslike munisipaliteit (Hazyview): Slikdamme is gebou, maar dit keer nie dat groot hoeveelhede afval in die wêreldbekende Sabierivier beland nie.

Lekwa-plaaslike munisipaliteit (Standerton): Nie eens ‘n interdik wat in 2018 in die hooggeregshof teen die Lekwa-munisipaliteit verkry is, kon daarin slaag om die besoedeling stop te sit nie aangesien die infrastruktuur nie behoorlik onderhou of herstel word nie.

Groot volumes rioolwater beland as gevolg van hierdie laksheid van die amptenare in die Vaalrivier.

Emalahleni-plaaslike munisipaliteit (Witbank): Verslae dui aan dat baie min van die rioolnetwerke in Witbank en Kriel nog funksioneel is en dat die riool wat in die Olifantsrivier beland, op die lange duur vernietigend op die omgewing sal inwerk.

By net een nie-funksionele aanleg, word dit beraam dat ten minste 26 miljoen liter rioolwater per maand in die Olifantsrivier beland, wat sodoende die Witbankdam, Loskopdam en ander damme in die opvangsgebied besoedel.

Hierdie probleem moet dadelik aangespreek word.

Die VF Plus glo dat die Groen Skerpioene die nodige ingrypingstrategieë in werking moet stel om hierdie besoedeling teë te werk en om vas te stel hoeveel skade reeds aan natuurlike hulpbronne berokken is.

Die VF Plus gaan druk op die provinsiale ANC-regering plaas om onmiddellik teen hierdie individue op te tree wat hul plig liederlik versuim om infrastruktuur te onderhou en wie se verantwoordelikheid dit is om te verseker dat rioolwater behandel word voordat dit natuurlike hulpbronne besoedel.

Dié foto is in 2018 by Standerton Rivierpark geneem.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button