MunicipalNews

Dienslewering in Lekwa steier voort

Die watersuiweringsaanleg is inmiddels beïnvloed deur die kragreus se beurtkrag op Donderdag 7 Januarie en die kommunikasiedepartement van Lekwa, het aangedui dat alle wyke se watertoevoer geraak word.

Inwoners van Standerton kou klippe sedert die begin van Desember met herhaaldelike elektrisiteit- en wateronderbrekings.

Misnoeë het hoogty op sosiale media gevier met kommentaar wat die frustrasievlakke bewoord het.

Die Standerton Advertiser het op Vrydag 8 Januarie in verbinding met me. Wilma Venter, wat WhatsApp-groepe administreer, getree.

‘n Petisie wat by verskeie ondernemings op die dorp beskikbaar is vir handtekeninge, was die aangewese keuse om die saak te beredder.

Die middedorp se Kieser-, Paarl-, Kerk-, Caledon-, Princess-, Mbonani Mayisela-, Buiten- , Burger-, Kruger-, Charl Cilliers- en Beyers Naudéstraat was van die strate waar dit ‘n dolle gejaag afgegee het om voor die feestyd huis en haard aanmekaar te hou.

‘n Waterpyp wat voor Hoëveld Verkoeling in Handelstraat gebars het, het tot verdere onderbrekings bygedra, met waterdruk wat na herstel, volgens me. Venter, geleidelik genormaliseer moes word.

Eskom wat ook beurtkrag in die feesseisoen ingestel het, het die prentjie somberder gemaak.

Me. Venter het gesê dat die boere met plase op die J-lyne na Jonkersdam en die R-lyne op die R23 na Robertsdrift ook wesenlik geraak word.

Lekwa Munisipaliteit het op Vrydag 8 Januarie onderneem om ‘n kragpaal in Caledonstraat, waar ‘n kortsluiting op Woensdag 6 Januarie plaasgevind het, ten volle te herstel.

Mnr. André Moolman het foto’s beskikbaar gestel en gesê dat die elektrisiteitstroom laag is.

Verder weswaarts loop veral die woonstelbewoners in Uitbreiding 8 in Sakhile deur.

Die watersuiweringsaanleg is inmiddels beïnvloed deur die kragreus se beurtkrag op Donderdag 7 Januarie en die kommunikasiedepartement van Lekwa, het aangedui dat alle wyke se watertoevoer geraak word.

Die probleme kring wyer en Dannhauserstraat in Meyerville is een voorbeeld waar rioolinfrastruktuur nie meer die mas kan opkom nie.

Me. Annette Scheepers het op 7 Januarie gesê dat rou riool in haar erf instroom, komende van die munisipale mangat.

Nadat die toepaslike verwysingsnommer bekom is, het die koerant op Vrydag 8 Januarie ‘n WhatsApp-boodskap aan die kommunikasiebestuurder van Lekwa, me. Thobeka Mtshiselwa, gestuur.

Voorbladpublisteit is aan die burgemeester, mnr. Linda Dhlamini, se siening oor dienslewering in die uitgawe van 18 Desember gegee.

‘n Onderneming is gemaak om te verseker dat watertoevoer bestendig is met kragtoevoerprobleme wat oor die kam geskeer is van ‘n verouderde infrastruktuur, oorbrugte meters en onwettige verbindings.

Laasgenoemde dra beduidend by, volgens hom, tot die hemelhoë Eskom-rekening.

‘n Sakeman op die dorp het die verhoogde munisipale tariewe as rede aangevoer vir moontlike sluiting van sy onderneming.

Mnr. Dhlamini het destyds ‘n beroep op die gemeenskap gedoen vir ondersteuning om diensleweringuitdagings die hoof te bied.

Die Standerton Advertiser het ook op 8 Januarie met mnr. Mandla Mphuti, in die kantoor van die burgemeester, in verbinding getree om kommentaar van die burgemeester te kry.

Lesers sal op hoogte gehou word wanneer kommentaar ontvang word.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button