CrimeNews

Bethal-juwelier verskyn weer vir aanklagte op moord

Saak is uitgestel na 9 Maart.

BETHAL – Die juwelier, mnr. Francois Pretorius, wat tereg staan op aanklagte van die dubbelmoord van dr. Hannes en me. Ibel Beukes, het in Februarie weer in die hof verskyn en sy saak is uitgestel na Dinsdag, 9 Maart.

Hy word daarvan beskuldig dat hy die Beukes-egpaar op 18 Maart verlede jaar, glo in die plaashuis wat hy toe gehuur het, vermoor het.

Die egpaar se liggame is in die bagasieruim van hul motor gevind wat in ‘n veld naby Bethaldam gestaan het.

‘n Motorfietsryer het verby die motor gery en onraad vermoed en die polisie geskakel.

Mnr. Pretorius is ‘n week later op sy skoonpa, mnr. Ernst van der Berg, se plaas buite Belfast in hegtenis geneem nadat hy vir die polisie gevlug het.

Sy prokureur het tydens een van sy vorige hofverskynings aangevoer dat mnr. Pretorius aan ‘n siekte, naamlik serebrale outosomale dominante arteriopatie met subkortikale infarkte en leukoencefalopatie (CADASIL) ly en nie toerekeningsvatbaar sou wees vir die hofsaak nie, maar verslae van dokters het bewys mnr. Pretorius is toerekeningsvatbaar.

Mnr. Pretorius is sedert sy inhegtenisname in aanhouding.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button