CrimeNews

KVD op Standerton vra inwoners om op die uitkyk vir ’n voertuig te wees

Die eienaar van die plaas, mnr. James Streak, het op Donderdag 4 Maart gesê dat dit nog nie teruggevind is nie.

Kasselman Veiligheidsdienste (KVD) het op Dinsdag 2 Maart die diefstal van ‘n wit Mazda Drifter 2001, registrasienommer CYP 470 FS, aangemeld en gevra dat inwoners op die uitkyk daarvoor moet wees.

Dié voertuig is tussen 2vm en 4vm in die Ascent-omgewing gesteel.

Die eienaar van die plaas, mnr. James Streak, het op Donderdag 4 Maart gesê dat dit nog nie teruggevind is nie.

Dit was nie die enigste items waarmee weggekom is nie.

Onder die buit is ‘n Metabo- batteryslyper en boor, ‘n Mac Afric 60 plasmasnyer, ‘n Bosch-handboor, Bosch-saag, twee Bosch-houtskuurders, twee 20 liter oliekanne, ‘n 25 liter rooi kan vol brandstof, 10 kanne roundup, 5 liter wit verf , vier trekkerbatterye, 500kg gemaalde geel mielies in sakke, 20 liter diesel uit trekker en ‘n wielpomp vir swaar voertuie.

‘n Saak is by die Cornelia Polisiestasie geopen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button