MunicipalNews

Opkoms by wyk 10-vergadering in Standerton Stadsaal swak

Die munisipale verkiesing, wat later vanjaar gehou sal word, het hom tot nadenke gestem.

Inwoners van wyk 10 het op Donderdag 4 Maart die geleentheid gehad om hul griewe te lug.

‘n Vergadering is by die Standerton Stadsaal belê.

Mnr. Rosier de Ville, DA-koukusleier, het op Vrydag 5 Maart gesê dat sulke vergaderings, in terme van die wet, elke drie maande gehou moet word.

Behoorlike kennisgewing moet vooraf geskied.

“Tydens die vorige vergadering het net twee mense opgedaag, maar by dié een het 10 mense hulle plekke ingeneem,” het mnr. De Ville bygevoeg.

“Die pandemie het veroorsaak dat vergaderings nie gehou kon word nie.”

Diensleweringkwessies kon bespreek word.

Die munisipale verkiesing wat later vanjaar gehou sal word, het hom tot nadenke gestem.

“Dit is wenslik dat daar nou ‘n verkiesing plaasvind, want die termyn is binnekort verstreke.

“Mens sal die kans kry om persone van hul keuse te verkies.”

Hy het die moontlikheid dat die verkiesing weens Covid-19 uitgestel kan word, ook genoem.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button