CrimeNews

[VIDEO] – Vonke spat na kabeldiewe wéér toeslaan op Ermelo

Soortgelyke inhegtenisnames is ook al aangemeld, maar blyk nie om oortreders te onsenu nie.

Gereelde kabeldiefstal op Ermelo bly ’n trekpleister wat plaaslike owerhede byna weekliks met hande in die hare laat.

Kabeldiewe het weer op 25 Maart in Dr Malanstraat toegeslaan en kabels gesteel.

Die plaaslike polisie en ACSU is binne etlike minute na die toneel ontbied.

Die Hoëvelder het net verlede week oor die suksesvolle inhegtenisname van twee beweerde boewe – wat glo van Secunda afkomstig is, berig.

Soortgelyke inhegtenisnames is ook al aangemeld, maar blyk nie om oortreders te onsenu nie.

Sien die video wat deur mnr. Theo Craven van die SACCW geneem is:

Die Msukaligwa Munisipaliteit se woordvoerder, mnr. Mandla Zwane, het namens die munisipaliteit sy misnoë teenoor kabeldiewe uitgespreek.

Die munisipaliteit het tydens ’n vergadering met verteenwoordigers van die munisipaliteit, polisie, ACSU en die Ermelo Besigheids Assosiasie (EBA), gesê dat daar vanaf die gemeenskap misplaaste woede teenoor die munisipaliteit weens die hoeveelheid kragonderbrekings.

Mnr Athol Stark, president van die EBA, het na hul samekoms met die rolspelers, genoem dat polisie hul sou verbind om nog meer waaksaam te wees terwyl ACSU bekende oortredingsgebiede sal reguleer om misdaad hok te slaan.

Inwoners is versoek om verdagte persone en aktiwiteite by die Suid-Afrikaanse Gemeenskapsmisdaadwag – meer bekend as die SACCW, polisie of ACSU aan te meld.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button